Landi le Clerq
Larisa o' Shaunesy
Allegra o' Shaunesy
Rohan Meyer
Bernard du Pont
Haai daar liewe lesers
Ek het lank gebroei op hierdie storie en eers nog 'n ander boek of twee geskryf voor ek besluit het om dit tog maar te doen. Daar is baie karakters en as jy nie die vorige 3 boeke van die Rosendallers gelees het nie, kan hierdie een jou vreeslik deurmekaar maak. Selfs ek moes kophou soos 'n dronkweerluis.
Ek hoop die boek maak sin en julle geniet hom net soveel soos die ander.
Blessed be
Mamba 44
"Ag hel man, dis mos nou onnodig...dammit Landi. Hoe de hel het my Pa-hulle uitgevind van my en Larisa? Ons wou eers Desember die bom laat bars as sy klaar is met matriek." Landi skud haar kop waar sy half kop onderstebo langs Bernard onder die Wilgerboom sit en kyk na waar hulle perde water drink. "Ek het geen idee nie Bernard, beslis nie by my nie. Ek het gehoor Oom Riaan, jou Pa en Oom Paul praat in die stalle net-nou. Jou Pa was woedend en Oom Riaan moes net walgooi dat jou Pa jou nie gaan soek met die karwats nie. Jy weet Oom Riaan het vir tannie Anrie so warm gevry agter almal se rug van sy graad 11 was. Ek dink hy en tannie Anrie weet al die laaste jaar van jou en Larisa. Hy weet waardeur jy is in die laaste jaar, en ek dink hy het geweet van julle ontmoetings maar net niks gesê nie." Bernard kyk na Landi en lag. "Ek is so goed as dood. Jy weet ek moet Oom Paul Maandag in die oë kyk by die werk en daai oud-marine gaan my laat bloedsweet. Ek kan nie glo hulle klomp oumanne is steeds so fiks nie. Ek het gedog toe ek van my opleiding af terugkom vyfjaar terug ek gaan my Pa kan ore aansit, maar hel, selfs net met sy een been skop hy steeds my gat. Ek hoor Rohan is ook terug en gaan by ons aansluit van Maandag af. Ek wonder of Allegra weet, ons moet Rohan waarsku, hulle gaan hom en Allegra dophou as hulle van hulle twee weet." Hulle hoor 'n perd snork en Bernard gryp Landi en duik met haar die gras in. Die gelag van Rohan hierby hulle, laat hulle verlig regop kom. Hy en Allegra klim van sy perd af. "En as julle try wegkruip, is dit omdat jou Pa jou so naarstigtelik soek Bernard? Ek sien Oom Paul en Larisa is daar by julle huis en sy lyk maar kop onderstebo. Vertel hom Allegra..." Allegra lyk benoud. "Hel Bernard, my Pa het vanoggend amper 'n gasket geblaas toe Larisa die huis insluip sesuur. Hy het gedreig om die sambok vir haar te vat, as sy nie sê by wie sy was nie en toe hy die tattoo sien, wat by haar hemp uitsteek was die gort eers gaar, maar sy weier om te sê wie dit was wat haar afgelaai het. Die feit dat dit 'n marine tattoo is het hom egter snuf in die neus laat kry." Bernard staan op en troon bo hulle uit. "As hy haar geslaan het, belowe ek julle daar is oorlog vandag...dankie vir die waarskuwing Landi, maar ek gaan huistoe om die stront uit te sort. Rohan jy en Allegra moet dalk in julle spore trap, hulle gaan jou dophou met haar..." Allegra bloos en Rohan vat haar hand. "Hulle kan try...ek is nie so dom nie." Almal spring op hulle perde en jaag terug na Bernard-hulle se plaas. Op die werf is daar 'n hele klomp mense en Larisa staan tussen haar Pa en Oom Karel en sy skud haar kop. Bernard spring van sy perd af en stap tot voor hulle. Hy is 'n imponerdende jongman en sy Pa se ewebeeld. "Môre Pa, Oom Paul, Larisa, is hier 'n probleem?" Karel kyk na sy seun en al het hy lus en slaan sy wind uit, is hy tog trots op die mannetjie se durf. "Môre Bernard, sê my waar was jy laasnag?" Bernard sluk en kyk na Larisa wat haar kop effens vir hom skud. "Maak dit saak Pa, ek is ses-en-twintig nie sestien nie." Karel skud sy kop en kyk na Larisa. Sy is wragtig 'n mooi meisiekind met haar rooiblonde hare en hy verstaan hoekom sy seun kop verloor met haar. "Bernard, ek weet jy is oud genoeg om jou eie besluite te neem, maar Larisa hier...is nie...was sy laasnag saam met jou en het jy haar vanoggend sesuur eers by die huis afgelaai of nie?" Bernard is nou skoon moerig en vergeet dis sy Pa met wie hy praat. "Sy is legal is sy nie? Hoekom kan sy nie besluit waarheen en saam met wie sy wil gaan nie. Dis vakansie vir haar, dis nie asof sy skooltoe moes gaan vanoggend nie." Paul wil glimlag, hel die kind het spunk, laat hom aan sy Ma, die rooikop Bernice dink. "Bernard, sy is my dogter en daarby net agtien, ek wil dus weet waar en saam met wie sy haar snags bevind. Sy het nog 'n eindeksamen wat voorlê en dan universiteit of college. Ek het net 'n vermoede saam met wie sy was, want ek was te stadig om die kar te sien, maar sy wil nie die ou se naam gee nie. So gaan jy ons hier uithelp of nie? Jou Pa sê jy het net na ses ingekom vanoggend..." Dis nie as 'n vraag bedoel nie, maar 'n feit wat Bernard nie kan verontagsaam nie. Paul is boonop nog een van sy base ook. Bernard weet sy wil nie hê hy moet sê dit was hy nie, maar hy weier om haar alleen te laat suffer. Hy sug en skud sy kop. "Dit was nie haar skuld dat sy laat was nie..." Paul gee n effense laggie. "Jy bedoel seker dat sy vroeg eers ingekom het nie?" Die ander lag almal onderlangs. Bernard kyk nie na haar nie, maar direk na haar Pa. "Oom Paul, ek het nie gedink die rock show gaan so lank aanhou en dat ons so gaan sukkel om uit die parkering uit te kom nie...dis regtig nie Larisa se skuld nie..." Paul kyk na Larisa en sien sy kyk Bernard amper dood en hy wil lag, maar hy weet hy moenie. "Jy erken dus sy was saam met jou die hele nag?" Bernard knik. "Ja en sy was veilig by my, ek sal niks met haar laat gebeur nie. Pa kan ons asseblief iewers privaat hieroor gaan gesels. Ons het nie toeskouers nodig nie." Karel knik en beduie vir Paul en Larisa huistoe waar Bernice hande in die sye na haar seun staan en kyk. Halfpad huistoe draai Paul na Allegra toe en kyk dan stip na Rohan. "Ek en jy moet gesels Rohan. Kom sien my later vandag by die opleidingsentrum." Rohan knik net. "Reg so Oom Paul." Toe hy wegdraai kyk Rohan na Landi wat steeds die perde staan en vashou. "Shit ek is in die sop, hy gaan my die leviete voorlees oor Allegra. Hopelik het Bernard en Larisa nie nou alles vir my en Allegra befoeter nie." Landi glimlag en klop hom op die rug. "Toemaar ou neef. At least het jy en sy nie 'n hele nag lank verdwyn nie. Hier vat jou perd en groet jou girl dat ons kan huiswaarts keer. Jou Ma slag ons af as ons nie vandag ons werk in die stal klaarmaak nie. Die klomp belhamels sal seker net-nou opdaag vir hulle martelkamp saam die marines en dan moet jy terugwees hier om hulle te help ontvang." Rohan trek Allegra agter sy perd in voor hy haar 'n soen gee dat sy bloos. Hy lag en klim op sy perd. "Sien jou Al..." Sy waai skaam en stap huistoe. Sy sal maar binne by tannie Bernice gaan gesels tot haar Pa klaar is met Bernard en Larisa. Intussen sit Bernard en Larisa langs mekaar in die studeerkamer met Karel agter sy lessenaar en Paul sit skuins op die tafel. "Bernard, hoekom het julle nie net die ding reggedoen en kom toestemming vra by my en haar ma nie, dan kon julle gebel het en gesê het van die verkeersprobleem en alles?" Bernard kyk na Larisa en sy na hom voor sy antwoord. "Want ek het hom afgeraai Pa, ek het nie gedink julle sal toestemming gee nie." Paul kyk na Larisa en skud sy kop. "Wat het jou laat dink ek sal nee sê?" Larisa gee n humorlose laggie en kyk na haar Pa. "Ag kom aan Pa, ek ken jou nie van vandag af nie, julle marines is almal control freaks. Bernard werk vir jou en hy is agtjaar ouer as ek. Daarby is ek nog nie klaar met skool nie...jy sou dit nooit toegelaat het nie." Paul kyk na Karel en Karel lag beterweterig. "Sy het 'n punt of drie daar beet Paul." Paul kyk na die twee jongmense. "Hoe lank is die verhouding al aan die gang?" Larisa kyk benoud vir Bernard en hy glimlag effens voor hy na Paul kyk en eerlik antwoord. "Sedert sy sestien geword het...ja ek weet...ek was vier-en-twintig." Paul kyk geskok na Karel en Karel skud sy kop. "Hel Bernard, sy was nog nie eers legal nie. Wat de donner het jy gedink? Nee wag moet my nie eers antwoord nie, obviously het jy nie gedink nie. Ek wil dit nie eers vra nie, maar ek moet...het julle...is dit 'n seksuele verhouding?" Bernard en Larisa se wange is ewe pienk, maar Bernard vererg hom. "Wat de hel...? Weet wat, ek is moeg draaie geloop. Ja ek het haar uitgevra op sestien en haar skelm flieks toe gevat as Oom Paul-hulle dink sy is saam skoolvriende. Nie eenkeer nie maar hordes kere en ja ek het haar gevat om te gaan dans en ons gaan vas uit vandat sy sewentien geword het. Om julle ander vraag te antwoord...ja...ons het saamgeslaap van sy agtien geword het en nee ek is nie stupid nie, ek het ons altwee beskerm. Daar is julle nou tevrede en as julle wil weet ons is ernstig oor mekaar en is van plan om te trou vroeg volgende jaar wanneer sy haar driejaar Somatologiekursus begin." Karel kyk van Bernard na Larisa en skud sy kop. "Ek sou gedink het een van Anrie en Riaan of Arno en Shevon se kinders sou so kop verloor, maar nooit gedink een van myne sal dit doen nie. Hel jou Ma gaan 'n fit vang." Die deur gaan oop en Bernice staan in die deur. "Nee jou Ma gaan nie 'n fit vang nie, maar wanneer was julle van plan om ons in te lig van julle planne. 'n Troue vat tyd om te beplan, tannie Gwen gaan julle vermoor." Bernard is verleë as hy na sy Ma kyk wat om die tafel loop en op sy Pa se skoot gaan sit asof dit normaal is. "Ek sou Desember Ouers gevra het en ons wou dan verloof geraak het en rondom April getrou het. Ons planne is agtermekaar en ons het alles self beplan. Ons soek nie 'n sirkustroue nie." Hy bly stil en kyk na Larisa as hy haar hand in syne neem en 'n druk gee. Sy kyk na hom en glimlag voor sy begin praat. "Ek wil nie 'n uitspattige troue hê nie, baie eenvoudig en met die minimum gevolg en alles. Ek het die geld wat ek in die laaste tweejaar verdien het in die vakansies by dr Anrie en met die babysitting by tannie Shevon net so gebêre. Dit is meer as genoeg vir my trourok en Bernard se onderbaadjie, das, die knielkussings, en 'n rok vir die confetti-meisie. Ons wil graag hier op die plaas trou net met die familie en vriende." Paul kyk na sy dogter en skud sy kop. "Jou Ma sal dit nooit toelaat dat jy vir jou eie rok en als betaal nie. Larisa...ek dink...ons moet jou Ma hier kry..." Die stem uit die deur agter hulle sê duidelik sy het genoeg gehoor en Paul sug, hy moes geweet het Gwendolyne o'Shaunesy sal iewers opduik as hy so lank wegbly na die kabaal by die huis vanoggend. "Wag net so bietjie jongedame. Jy praat of dit 'n uitgemaakte saak is dat julle wel gaan trou. Bernard het nog geensins Ouers gevra nie en jy het nog nie jou matriek nie. Larisa jy is nog 'n blote kind en ek dink julle moet wag tot jy jou Diploma gedoen het. Ek kan net nie glo julle het wragtig gaan staan en...en saam slaap nie...wat het julle besiel..." Larisa was heeltyd nog so mak soos 'n lam saam met haar Pa, Karel en Bernard, maar nou staan sy op en Karel besef, wat dit is wat sy seun in die rooiblonde Larisa sien. Sy het vreemde groenerige oë, nie die katooggroen soos sy Bernice nie, maar 'n grysgroen wat nou blits as sy na haar Ma draai en as hy na Bernard se gesig kyk, besef hy daai is 'n trotse kyk wat hy haar gee."O jy verstaan nie mooi nie Mamma, ek gaan met Bernard trou of julle toestemming gee of nie. Of ons dit nou hier op die plaas doen of êrens alleen gaan trou, maar trou gaan ons trou. En ja ek weet ons moes nie saamgeslaap het nie, dit het net gebeur, dit was nie beplan nie." Gwen dog sy kry 'n oorval en staan dreigend nader aan Larisa, maar Bernard staan ook op en stap tussen hulle in. Hy troon oor altwee, vat Larisa aan haar pols en druk haar agter hom in en draai na Gwen toe. "Larisa kalmeer...Tannie Gwen..., wat Larisa probeer sê is dat ons gaan trou. Dis 'n uitgemaakte saak en aangesien al die betrokke ouers nou hier is, sal ek dit offisieël maak. Oom Paul, Tannie Gwen het ek julle toestemming om Desember aan Larisa verloof te raak en April met haar te trou?" Paul kyk na Gwen en sy sug dramaties. "Ag liewe hel tog, ja...laat hulle tog net trou voor ons nog met 'n moet troue sit of die skande van 'n dogter wat wegloop om te gaan trou..." Paul glimlag en toe Bernard sy aangebode hand vat trek hy hom nader en fluister in sy oor. "Ek is nog nie klaar met jou nie...ons sal nog gesels, sy is my dogter en jy het nie reg opgetree nie, maar ek gaan my toestemming gee, want ek weet waar om jou te soek as jy droogmaak met haar." Hy kyk na hulle en beduie tussen hulle twee voor hy verder praat. "Julle twee...bly weg van mekaar af. Jy kan haar date vir nou, dan verloofraak Desember en verder date tot na julle getroud is. Jy raak nie verder aan haar anders as handevashou en soen nie en jy kom haal haar by die voordeur soos 'n ordentlike jongman met die goeie maniere wat ek weet, jou ouers jou geleer het. Dan bring jy haar persoonlik weer tot by my voordeur en nie later as die curfew wat ons haar gee nie. Indien iets voorval dat jy haar nie betyds by die huis kan hê nie, tel jy die foon op en bel my of haar Ma persoonlik. Verstaan ons mekaar?" Bernard glimlag effens en kyk na Larisa voor hy antwoord. "Ja Oom Paul, Tannie Gwen, ek verstaan. Ek is jammer alles het nou so op hierdie manier uitgekom, en ek is jammer ons het julle omgekrap en ietwat geskok, maar ek is nie een oomblik jammer dat ek vir Larisa begin date het nie." Gwen gee Bernard 'n druk en glimlag effens. "Ek is nie omgekrap oor jy vir Larisa ogies gemaak het nie, net die feit dat jy wel saam met haar geslaap het voor julle getroud is. Dit...sal ek jou nie maklik voor vergewe nie." Na almal gegroet het, stap die ouers uit, Bernard hou Larisa egter aan haar pols terug en trek haar in sy arms in. "Ek is jammer alles het nou so uitgekom my lief, ek wens dit was anders..." Hy soen haar en toe hy haar laatgaan lag sy saggies toe hulle die studeerkamer verlaat agter hulle ouers aan. "At least het my Pa jou nie doodgemaak nie, so dis seker nie te bad nie." Bernard lag maar is ernstig toe hy by die voordeur uitstap. "O jy verstaan nie Laris, ek moet Maandag nog weer saam jou Pa werk..." Haar oë rek maar sy sê niks nie. Net voor sy in die bakkie klim by haar Ma soen hy haar op die voorkop en maak haar deur toe. Allegra ry saam met hulle Pa en toe die karre uit sig uit is, draai Bernard om huistoe. Hy misgis hom egter met sy Pa en sien nie die twee vinnige houe wat kom nie, nie voor dit te laat is nie. Bernice en Hazel staan geskok op die stoep toe Bernard eers steier en toe dubbeldvou en hulle Karel se woorde hoor. "Dit is vir die skande waarin jy ons vandag gedompel het en dis eintlik wat Paul met jou moes gedoen het, net vir die feit dat jy sex met sy dogter gehad het buite die huwelik. Wat de donder het jy gedink? Sou jy daarvan gehou het as dit een van jou sussies was of selfs jou dogter. My magtig man hulle het jou nog altyd met haar vertrou, ons het jou vertrou. Jy het selfs op skool nie sulke stront aangejaag nie, of gaan jy ons nou vertel jy het maar sulke goed net nog altyd goed weggesteek?" Bernard kom regop en vryf sy ken. "Nee Pa, ek het regtig nie op skool eers daaraan gedink om so iets te doen nie. Ek is regtig jammer, dinge het net gebeur en ek het Larisa met ander oë begin sien en...ja wel..." Later aan tafel is die gemoedere effens beter en hulle gesels oor Ava en Wynand se daknatmaak wat die volgende dag gaan plaasvind. By die o' Shaunesy huis is die atmosfeer die aand gespanne en Paul en Gwen sit met die twee dogters in die gesinskamer, waar Gwen vir hulle preek. "Larisa, dit gaan nou nie eers help ons baklei verder nie, die skade is gedoen. Ons moet kyk na die verlowingsreëlings en dan troureëlings." Larisa hou haar hand egter op om haar Ma stil te maak. "Mamma ek het klaar oor alles gedink en ek het 'n boek waarin ek alles neergeskryf het en lysies gemaak het. Ek was ernstig, ek wil nie 'n groot pretensieuse troue hê nie. Net die familie en die klomp marine vriende en hulle kinders." Gwen sug en wag tot Larisa haar boek gaan haal het en hulle saam deur alles kan gaan. Paul vat Allegra eenkant toe. "Allegra ek het met Rohan gesels net-nou. Hy begin Maandag vir my Herman en Charl werk, ek wil nie moeilikheid met een van my werknemers hê nie. Jy is net sewentien, maar ek weet jy is nie dom nie en ek hoop nie jy dink ek is dom nie. Ek het gesien hoe julle vir mekaar kyk en ek het gesien julle het saam op een perd daar aangekom. Moet om hemelsnaam nie jou suster se voorbeeld volg nie. Hou om Vadersnaam kop met Rohan, ek glo jy het meer breins as om saam met hom te slaap. Rohan het my verseker julle het nog nie 'n seksuele verhouding nie." Sy bloos en knik. "Pappa ons het regtig nog net 'n paar keer alleen gaan fliek, gewoonlik is ons maar saam met sy familie en julle ander vriende. Rohan sê dis heeltemal te gevaarlik om te lank erens alleen te wees en sy Pa het ook met hom oor ons gepraat. Asseblief moet my net nie belet om hom te sien nie. Ons sal kophou...regtig..." Paul knik en gee Allegra 'n stywe druk. Intussen sit Riaan en Anrie aan tafel met Rohan, en die veertienjarige Nita en Ally en luister na Rohan se storie oor hulle neef Bernard. Anrie glimlag effens en knipoog vir Riaan wat dadelik weet waaraan sy dink. Riaan kyk na Rohan en glimlag. "Wel jy weet Rohan, jy is maar net so skuldig as Bernard, ek het al gesien hoe verdwyn jy en Allegra in die stalle in. Jy moet in jou spoortrap, sy is net sewentien en hormone kan julle kniediep in die sop laat beland. Asseblief Rohan as jy kriewelrig voel gaan gym eerder, dit werk soos 'n bom. Moenie met Allegra mors nie, sy verdien beter as 'n vinnige vry in die stalle. Gaan en speel oopkaarte met Paul en vat haar ordentlik uit." Anrie besluit om die onderwerp te verander so Rohan sê niks van sy en Oom Paul se talk die middag nie. "Het een van julle vir Landi gesien vandag? Ek het gesien haar werk is gedoen, maar sy het gery voor ek met haar kon gesels." Rohan glimlag as hy aan sy niggie dink. Sy is vyfjaar ouer as hy, maar hulle is nogal na aan mekaar. Sy was sy babysitter menige maal en sy confidant deur skool. Hy het bietjie swaar gekry toe sy besluit om haar basies in Simonstad te gaan doen. Dit het almal verbaas dat die stil en stemmige Landi wou marines toe, maar sy het voet by stuk gehou sy gaan. Na basies het sy aangebly en na tweejaar as Luitenant Landi uitgestap. Geen wonder Oom Herman het haar dadelik nader gehark vir 'n pos in hulle sekerheidsfirma nie. Sy is baie goed in haar werk en sy doen baie under cover werkies reg oor die land vir hulle. Sy infiltreer 'n firma in no time en ruik die witboordjie misdadigers uit voor enige iemand snuf in die neus kry. Bernard sê vandat Nico, Oom Herman se oudste seun egter terug is van die marines af na dertienjaar in die mag, is dinge effens gespanne op kantoor. "Ek het haar vanoggend gesien hier by die stalle toe sy Pa gehelp het met Jamaal en deur die dag en sy is daar weg by Oom Karel-hulle net na die Bernard-bom gebars het. Sy lyk egter vir my bietjie af." Anrie en Riaan kyk vir mekaar en dan na Rohan. "Dink jy nie sy is bietjie alleen nie Rohan. Jy is tog die naaste aan haar. Shevon het ook gister gesê sy is bekommerd oor Landi." Rohan kyk na sy ouers en hulle vreemde kommunikasie slegs deur kyke verbaas hom steeds na al die jare. "Ek weet Mamma, sy is vir my baie soos toe sy na tweejaar van Simonstad afgekom het. Ek wonder ook soms of sy nie 'n vorm van PTSD het nie. Onthou sy het so twee of drie toere en geheimesendings gedoen waaroor sy nooit praat nie. Bernard het gister gesê dinge op kantoor is ook bietjie gespanne van Nico terug is. Pa sal beter verstaan as ek sê dat met sy laaste sending was hy MIA vir amper tweeweke..." Riaan se gesig raak uitdrukkingloos vir 'n oomblik. "En Herman het nie gedink om ons in te lig dat sy seun MIA is nie. Hemel man ons is soos familie..." Rohan sien hoe sy Ma haar hand op sy Pa se arm sit om hom te kalmeer. "Ag Pa nie eers Oom Herman het geweet nie, nie tot hulle hom gekry het en hy vir 'n week in die hospitaal was nie. Tannie Helena het per ongeluk by 'n vriendin gehoor. Daar was glo 'n helse fight in die hospitaal toe Oom Herman hulle daar aangekom het. Nico is ook nie dieselfde nie, hy is vreeslik stil, weg is die maltrap Nico en in sy plek is 'n humeurige man. Julle weet hy was Landi se opleidingsbeampte in Simonstad." Anrie skud haar kop. "Nee ons het nie geweet nie, en jy sê nou werk hulle weer saam. Nou wonder ek of hy weet wie was die jongman wat haar hart so in stukke gehad het toe sy na tweejaar teruggekom het. Want Shevon sê 'n jongvrou lyk net so as haar hart gebreek is. Sy is nou na vierjaar hier eers weer bietjie amper die ou Landi." Rohan sit ingedagte en wonder of hy sy ouers moet vertrou, maar sy oog vang sy nuuskierige viertienjarige tweelingsussies Nita en Ally en hy bedink homself. Lank na ete klop Rohan aan sy ouers se kamerdeur en hoop net hy loop nie in op hulle twee se gevry nie. "Binne." Dankie tog, dit lyk darem of hulle nog besig is om reg te maak vir bed. Sy Ma sit kruisbeen op die bed en sy Pa is besig om 'n boek te lees. "Kan ek julle gou pla?" Sy Pa sit dadelik die perdeboek neer en sy Ma klop op die bed by haar voete. Dis 'n ou kuierplek vir hulle drie vandat hy nog klein was. "Ek wou niks voor Nita en Ally sê nie, want hulle monde is groot. Onthou ek en Landi is close en na sy teruggekom het van Simonstad af, het ons twee weer begin uithang. Al wat ek uit haar kon trek, is dat een of ander offisier met haar geflirt het, haar agteraf uitgesonder het, spesiaal laat voel het en hulle verhouding het...um...seksueel geword en toe na sesmaande kom hy, en sê hulle moet stop, want as iemand uitvind kan daar gesê word, dit is hoe sy haar bevodering gekry het, alhoewel hy niks met haar eksamen en punte uit te waai gehad het nie. Sy was toe op 'n spesiale mission, drieweke MiA, gevind en 'n week in hospitaal. Daarna vind sy uit sy is Luitenant, en ja. Dis toe wat sy weg is daar en toe Oom Herman haar die werk aanbied, dit maar gevat het. Vir haar was dit beslis nie sommer net 'n verhouding nie, sy was lief vir die bliksem en hy het dit afgemaak as iets ligs. Sy het gesê sy het nog nooit in haar lewe so cheap gevoel soos daardie dag nie en haarself belowe om nooit weer vir 'n man te val nie. Sy sê dit was asof sy terug was in haar vyfjarige self en hoor hoe onderwysers van Freda praat wat haar nie wou gehad het nie. Landi glo vas as haar Ma haar nie eers wou gehad het nie, hoekom sal enige man haar dan wil hê..." Anrie se oë is vol trane en Riaan trek haar teen sy bors vas. "Rohan solank sy weet haar familie en veral Shevon is lief vir haar, sal sy dalk eendag weer liefhê. Wees jy maar net daar as jou niggie jou nodig het." Rohan staan op en sê sy ouers nag, maar stop by die deur en kyk terug na hulle toe. "Ek dink sy weet hoe lief Shevon haar het. Dis al Ma wat sy nog ooit geken het, maar dit bly maar 'n ding wat haar bybly.