Rooikop Rissiepit

28 1 0
                                    

A/N:  Sorry people, this is one of my very old stories. (from when I was back in hight school).  I don't have the time to change it to English, but you are more than welcome to do so if you please.



Cathy en haar beste vriendin Leonie was op pad om hulle "boyfriends" te ontmoet toe dit alles begin het. Hulle het by die klub aangekom, maar wat sy nie geweet het nie, is dat hy reeds haar met iemand anders verneuk het. Leonie het alles gesien en gesê dat hulle eerder moet gaan, maar sy wou nie kop gee nie. Sy sou alles doen vir Tony, hy was die enigste seun van haar pa se baas. Die dag toe hulle mekaar ontmoet het, het die liefde reeds in sy oë geskyn.

Tony was op daardie stadium die enigste ou vir haar. Hy sou enigiets vir haar gedoen het, maar sy wou nog nie in 'n sekseule verhouding ingaan nie, maar hy wou. Daarom het hy na Leonie gegaan om met haar te "praat", maar sy het geweet dat dit meer as net 'n "praat" was. Sy het my maar dom gehou en gemaak asof sy hulle nie saam gesien het nie.

Eenkeer was sy regtig kwaad en het hulle gekonfronteer, alhoewel albei van hulle gesê het dat hulle net gepraat het, het sy gesê dat sy hulle gesien het, het hulle baie stil geraak. Net te stil vir haar smaak. Die stilte het te veel geraak vir haar en sy het uitgeloop. In die hoop dat Tony dalk agter haar aan sal kom het niks uitgerig nie, want hy het eers twee dae na die tyd naar haar gegaan om te verduidelik.

"Cathy jy dink seker dat ek 'n lafaard is maar ek moes eers gaan nadink oor alles. Jy moet my glo dat ek nog lief is vir jou en jy weet dat ek enigiets vir jou sal doen." Sy plan sou gewerk het, as hy dalk in my oë gekyk het, maar ek sal nie weer vir dieselfde grap val nie. "Tony, ek weet dat jy vir my lieg, weet jy hoe ek dit weet?" "Nee." "Ek sal jou sê, jy kan my nie in die oë kyk terwyl jy dit vir my gesê het nie. Jy probeer iets van my wegsteek, maar ek sal wel uitvind wat jy wegsteek. Onthou net eending Leonie gaan saam met jou af, dit verseker ek jou". "Hoekom wil jy dit doen, as jy weet dat ek jou liefhet?" "Hoekom? Ek sal jou sê, vir die eenvoudige rede jy gaan na haar vir lekker plesiertjies, maar jy wil nie wag totdat ek gereed is nie né, jy wil haar mos nou hê. Dis waarom". Met daardie woorde het Cathy omgedraai en die deur vir Tony gewys om te loop.

Daar was 'n ongemaklike stilte tussen vriendinne en boyfriend . Cathy wou op daardie stadium nie met een van hulle praat nie, sy was te hartseer om enige iets te doen. Haar pa het voorgestel dat sy na haar tante in Ierland gaan.

Weke het verby gegaan vir Cathy, en Tony kon haar nie in die hande kry nie. Hy het haar ouers gevra, maar hulle het niks gesê nie. Terwyl hy haar soek, is sy al lankal in Ierland by haar tannie. Sy is besig om haar gemaklik te maak vir hul herontmoeting, maar sy kan net nie dink wat om aan hom te sê wanneer sy hom weer sien.

Terwyl sy in Ierland is sien en ontdek sy nuwe mense en plekke. Haar tannie laat haar toe om te doen wat sy wil, maar net tot sekere perke. Een oggend vroeg besluit sy om 'n draai in die dorp te gaan maak en ook om te kyk wat alles in die dorp aangaan. Terwyl sy nog so loop, loop sy onvwerwags in die president se seun vas. In wat het ek nou vasgeloop, 'n muur of 'n man. Ek sal maar seker onverskoning moet maak, omdat ek nie kyk waar ek geloop het nie. Albei het opgekyk, wie meer verbaas is, is 'n vraag. Sy is een van die moeiste meisies wat ek nog gesien het ek wonder net wie sy is, en waar sy vandaan kom. "Jammer, ek het nie gekyk waar ek geloop het nie". "Dit maak nie saak nie, ons was albei besig met ons eie gedages". Dit was maklik, al wat ek seker nou moet doen is om myself bekend te stel. Stilte het gedaal tussen die twee mense. Elkeen besig met hul eie gedagtes. Ek wonder wat sal gebeur as ek haar vra om saam met my na die herehuis te gaan, sy sal seker bang wees, maar ek moet die kans waag. "Ek is Cathy Winston, ek kuier net hier by my tannie". "Kean aangenaam, jou tannie............sy is nie dalk Cathrynne Lora-Li Winston die 2de nie, is sy?" "Ja,............maar hoe het jy geweet wie sy is?" "My pa en sy is al ou kennise vandat sy Ierland to gekom het. Hy het nog altyd na haar omgesien. Maar genoeg daarvan, kom ons praat oor jou. Waar kom jy vandaan? Wat doen jy? En hoekom het jy hierna toe gekom?" Wat moet ek vir hom sê?, ek sal maar net eenvoudig die waarheid moet vertal. "Ek kom van Suid-Afrika, my ouers bly daar. Wat betref wat ek doen, ek is 'n student aan die Witwatersrand Universiteit, wat ek hier maak is......Wel." "Laat ek raai, jy het weggehardloop van 'n man, wat jou seker verneuk het reg?" "Hoe het jy geweet, of wag ek weet jy is self daar deur reg?" "Nogal, so ons altwee weet hoe die ander een voel maar dit tel nie dat ons so onverwags met mekaar praat nie." Wat nou, moet ek net omdraai en loop, of moet ek hom al die vra, vra wat ek in my kop het of net stil bly en wag dat hy weer praat. Al wat hulle kan doen is om net na mekaar te kyk. Sy wil seker meer van my weet, maar wat vertel ek nou, weet sy presies wie en wat ek is, so wat moet ek nou doen?. Cathy het intussen by die winkel ingegaan waar hulle gestaan het. Kean se bestuurder het opgedaag en vir hom gewag. "Meneer Kean, dit is tyd om te gaan. U vader wag vir u." Wat moet sy nou nie van my dink nie. Ons het nog so lekker begin gesels. "Andretty sê my, is Mev. Winston daar?" "Ja Meneer hoekom vra u?" "'n Familielid van Mev. Winston is hier, sal dit nie te veel moeite wees as ons haar saam neem?" "Nee Meneer, maar waar is sy?" "Cathy Cathy waar is jy?" "Moenie so gil nie, ek was net hier binne die winkel. Hoekom, soek jy na my?" "Ja, jy gaan saam met my huis toe. So, ek soek geen teenkanting van jou nie want jou tannie sal ook by die huis wees." Vandat hy begin praat het, het Cathy net na hom gestaar en nie geweet wat om te sê nie. Wat nou, gaan ek nie saam nie weet ek nie wat hy kan doen nie, so ek sal maar gaan. Die stilte daal net voort. Ek weet ek moes haar nie gedreig het nie, want sy sal nie wil gaan nie. "Kean, ek sal graag saam wil gaan, maar ek weet omtrent niks van jou af nie, so as ek eers 'n bietjie meer van jou weet, sal ek gaan, maar al wat ek hoef te doen is om in jou oë te kyk en dit verseker my dat ek jou kan glo en te weet dat ek altyd veilig sal wees by jou". Dit is asof die gode vir my 'n engel gestuur het om na haar om te sien en te beskerm.

Random Stories(Updating when I can)Where stories live. Discover now