14

79 2 0
                                    


By die bar sit Jamie en drink sy bier. Onverwags kom Kevin daar ingestap. Hy sien vir Jamie en stap reguit na hom toe. "Kan ek maar hier sit?" vra hy vriendelik. 

"Kevin! Hi, natuurlik, sit!" sê Jamie.

Hy bestel vir hom 'n bier by die kroegman en sit doodstil. "So hoe gaan dit?" "Met my? Baie goed kannie kla nie, en aan jou kant?" vra hy senuweeagtig. "Goed, dankie!" antwoord Kevin.

Stilte heers vir 'n oomblik, totdat hulle vir mekaar kyk.

"Jamie oor laas keer?"

"Dis okei Kevin!" sê Jamie. "Ek hou dit nie teen jou nie!"

"Ek is bly om dit te hoor. Ek dog dis die rede hoekom jy my by die werk vermy!" antwoord hy.

"Wie ek?" vra Jamie met 'n skuldige gesig. "Nee! dis nie..." fluister hy saggies vir homself soos hy die bottel in sy hand dop hou.

"So ons is vriende?" vra Kevin vir hom.

"Ja hoekom nie?" antwoord hy.

Hulle sit doodstil en drink verder. "So hoe was jou naweek?" vra Kevin

"Wonderlik. Ek het sky-dyving en 'n spel met verfbalwapens en vierwiel motorfietse gespeel, waarvan ek gewen het." antwoord hy iets wat entoesiäties.

"Dit klink na pret!" glimlag Kevin

"Dis net wat ek nodig gehad het!" sê Jamie. "En joune?" vra hy vir Kevin.

"Ag nee myne was nie naastenby so interessant soos joune nie. Ek het heeltyd gewerk. En dis nie asof ek veels vriende het nie!"

"Hoe so?"

"Ek is te besig met werk! Al die vriende wat ek het is my ma en my jonger suster!"

"Ten minste is jy darem by hulle!" fluister hy weer saggies vir homself. Kevin kyk vir Jamie, glimlag en drink sy bier verder. "So van hulle gepraat, hulle was laas keer by die Pipen vertoning, en hulle sê dis ongelooflik!"

"Regtig! Ag dit sal wonderlik wees om die vertoning te sien. Ek hoor dit gaan nog net vir twee weke speel voor hulle 'n breuk gaan neem?" vra Jamie.

Kevin skud sy kop. "As jy nog die opvoering wil gaan sien, kan ek vir jou kaartjies kry?" stel hy voor.

"Regtig?" vra Jamie.

"Ja ek het nog die kaartjie van laas!"

Jamie trek sy gesig. "Laas? Ja ek onthou. Ek dink nie dit sal 'n goeie idee is nie!" sê hy. "Jy hoef glad nie saam my te gaan nie. Jy kan vir Paty saam vat..."

"Nee..." sak Jamie. "Dis jou kaartjies. Jy't dit gekoop en jy gaan na die vertoning!" "Nee ek dring daarop aan. Ek wil hê jy moet gaan!" dring Kevin aan.

"Nee Kevin..." sak Jamie af. Hy staan op en trek sy baadjie aan. "Ek moet gaan." sê hy terwyl geld uit sy beursie haal en op die toonbank neersit."Vat iemand anders saam.

Ek glo daar is baie mense wat sal wil saam gaan!"

"Jamie wag!" vra Kevin terwyl Jamie daar uitloop.

Hy uit loop en steek vir hom 'n sigaret aan.

"James wag!" skree Kevin. Hy wat Jamie is staan en kyk om.

"James..."

"Nee Kevin. Ek kan nie."

"Wat keer jou? Waarvoor is jy bang? Werk? Die mense wie jou ken?" vra hy "Kevin..."

"Wat keer jou?" vra Kevin met sy hande in sy sak.

"Kevin ek is nie homoseksueel nie!" skree hy kliphard, terwyl 'n ou oom verby hom stap. Die ou oom gee hom een vuil kyk en stap verder.

"Ek wil nie lelik klink nie, maar as ek jou die verkeerde indruk gegee het, vra ek onverskoning. Ek..."

"Nee, ek vra onverskoning." sê hy met 'n glimlag. Hy druk die kaartjies in Jamie se hand. Hy draai om en loop in die ander rigting. Jamie hou die kaartjies dop en neem 'n diep trek van sy sigaret.

"Ek weet nie wat keer jou nie, of waarvoor jy bang is nie, maar die wêreld kan nie vir jou sê wie of wat jy is nie Jamie! Dis iets wat jyself moet uitvind!" sê Kevin voor hy die straat oorgaan.


Voels VerliefWhere stories live. Discover now