22

76 2 0
                                    

Die volgende dag op 'n spoggerige gholbaan, kom Jamie daar aan met 'n taxi. Soos hy in die voor portaal rond loop sien hy vir Ethan.

"Hi, so jy kan goed gholf speel?" spot Ethan. "Kom ons kyk."

Hulle laai hulle gholf gereed skap agter in hul gholfkar en ry die groen grasveld daarin.

Hulle kom later by hulle spot en maak vir hulself gereed.

"Kom ek wys jou wat grootmanne in die sport maak!" sak Ethan af. Hy neem sy gholf stok, sit die balletjie in posisie en slaan dit in die lug in.

"Wel as jy in 'n kinderliga wil gholf speel, dink ek jy sal kwalifiseer!" spot Jamie, soos Ethan sê balletjie in die sandgat val.

Jamie op sy beurt, kry vir hom gereed en kyk hoe ver die gaatjie lê. "My pa was vir tien jaar gholf-kampioen in sy streek. Ek't gholf begin speel toe ek vyf was!" sê hy terwyl hy die wit balletjie in die lug mooker. Die balletjie loop val 'n paar sentimeter vanaf die gat af.

"Uitstekkend!" sak 'n man af wat van agter aangeloop kom. Jamie kyk om en kry amper 'n hartaanval van skok.

"Jamie, ek wil graag hê jy moet vir..."

"Robert E. Perish!" sak Jamie af soos hy die man se hand neem. Robert is 'n bejaarde wat in sy tagtige jare is. Hy lyk presies soos Peter O'Toole en het 'n goeie Engelse aksent.

"Dis regtig 'n eer meneer!" spog Jamie aan.

Die man glimlag. "Ag noem my sommer Robert. En jy is?"

"James Edwards, meneer, ag ek bedoel Robert!"

"Aangenaam James. Ek hoor by 'n voeltjie dat jy my grootste aanhanger is?" vra Robert vir hom.

"U is sonder twyfel 'n goeie rol model." sê Jamie

"Dankie. Ek moet sê, toe Ryan vir sê iemand so jongman soos jy, glo nog dat 'n ou man soos ek, jou rolmodelle is, toe moet ek net vir jou ontmoet. ek meen Jong mense kies moes meer jonger en bekende figure as rolmodelle!" verduidelik Robert. "Kom ek kyk of ek ook in jou kalibra val!" sak hy soos hy hom ook gereed maak.

"Ryan? Wie's..."

"Hoe lyk dit met ete na die eerste pot!" stel Ethan voor.

"Ja, maar hoe lank dink jy gaan jy die bal uit die sand kry?" spot Robert.

Soos hulle na die gat toe loop met hulle gholfsakke, loop Jamie voor uit terwyl Ethanvir

Robert eenkant toe trek. "Oupa, Ethan, asseblief!"

"Jammer, maak so!" antwoord Robert

Ure later sit hulle by die resturant buite die klubhuis. Die kelner bring drie glase whiskey na die tafel waar Ethan en Jamie aandagtig luister na Robert se stories uit die ou dae.

"So daar was ek op die stel van 'Walking Through America' en die direkteur en produksie bestuurder dring daarop aan dat ons die draaiboek wéér moet aanpas." vertel hy soos die kelner die glase neer sit.

" Natuurlik het ek en die draaiboek skrywer het 'n bohaai opgeskop. Die stry het ernstig geraak, ander het begin ongemaklik voel. Almal het gedink ek het houdings en mood-swings. Een-twee-drie loop ek van die spel af en het nooit weer as akteur gewerk nie." gaan hy voort.

"Nou wat het jou besluit om 'n boek te skryf?" vra Ethan.

"Toe ek 'n jong beroemde akteur was, was ek vol van myself en gedink die wêreld draai om my. Ek het die waarheid egter op 'n harde manier agter gekom." antwoord Robert soos hy van sy glas drink. "Ek wou net hê ander moet weet...(%$#@!*&^%)..." Hy kyk vir Jamie en glimlag. "Maar ek moet sê, toe ek my outobigrafie in neëntien-tweeen-tagtig geskryf het, het ek nooit geweet vandag se jong mense soos jouself dit so interessant en inspireerend vind nie."

"Wel my oupa is ook van Engeland en altyd as hy en my ouma kom kuier, dan het hulle die wonderlikse boeke saam gebring. Boeke wat net jou verbeelding na 'n ander wêreld toe vat. Toe ek op skool vakansie een somer was, het ek 'n dag in hulle boek winkel, in Manchester gespandeer. Dis hoe ek op jou boek afgekom het. Dit is regtig 'n goeie boek."

"Hoeveel keer het jy dit gelees?" vra Ethan

Jamie kyk vir hulle, trek sy mond en glimlag. "Drie-en-vyftig keer!"

Robert en Ethan bars uit van die lag. "Ek kon net nie dit neer sit nie, en die ander was net nie so goed toe ek daarmee klaar is nie!" probeer Jamie homself verdedig.

"So, jy's 'n boekwurm?" vra Robert

"Ja. Ek verkies 'n boek enige tyd bo iets op die televisie, of so!" antwoord hy. Hy sit regop in sy stoel en kyk vir Robert en Ethan. "Verskoon my, maar ek moet vra hoe ken julle mekaar?"

Robert glimlag en kyk vir Ethan. "Gaan jy vir hom vertel, of sal ek?"

Ethan neem 'n sluk van sy glas en sit dit neer. Voor hy kon iets sê, kom Andrea daar aangestap.

"Andrea?" vra hy vir homself af, soos hy opstaan en na haar loop.

"Aa. Hier kom die hel!" sak Robert saggies vir homself af. jamie het hom gehoor en glimlag toe net.

"Skatebol!" skree sy. Hulle gee vir mekaar 'n soen op die wang en 'n drukkie. "Ek het die middag af gevat, toe besluit ek, ek kom sliut by julle aan?" Hulle stap nader na die tafel. "Robert!" groet sy hom knors.

"Andrea, Hoe lieflik!" sak Robert sarkaties af.

"Jamie. Hoe lekker om jou weer te sien!" groet sy hom, soos hy opstaan sodat sy langs Ethan kan sit.

"So hoe was Berlin?" vra Robert.

Sy neem Ethan se hand. "Dis was fantasties! Die eerste gedeelte van die rolprent is klaar. Die ander span is besig met die voor laaste gedeelte in Tokio en die laaste gedeelte gaan ons in Los Angeles skiet. Wat beteken, ons kan 'n bietjie tyd saam spandeer." sak sy baie opgewonde af.

Jamie se selfoon gaan die af en hy verkoon homself. Die oproep duur net 'n paar sekondes voort. Hy sit sy foon af en loop dan terug tafel toe."Ek is verskriklik jammer om dit aan julle te doen, maar ek moet ongelukkig in kantoor toe gaan." "Op 'n Saterdag?" vra Robert af.

"Blykbaar is een van ons kliënte in 'n toestand oor die groot funksie van vanaand.

Sy wil baie dinge verander en ek moet nou gaan inspring!" verduidelik hy.

"Ag nee! Ek geniet dan jou geselskap so baie!" sê Robert.

"Ja en ek wil so graag vir jou reg leer ken!" sak Andrea af.

"aar ons kan seker weer kuier!" sak Robert af. "Ja!" stem Andrea saam.

"Robert dit was regtig 'n eer om jou te ontmoet en ek moet dankie sê vir Ethan dat hy my die kans gegee het om in 'n legende soos jy se geselskap te kon sit." sê Jamie soos hy Robert se hand neem.

"Andrea, jammer dat ons nooit vir langer as vyf sekondes gesels nie, maar as jou verloofde nie omgee nie, kan ek jou eendag vir 'n koppie koffie neem?!" stel hy voor.

"Dit klink lekker!" lag sy, terwyl sy en Ethan hou vas.

"Ethan, sien jou vriend." sê Jamie soos hy hom handdruk.

Soos Jamie daar weg van hulle loop, kyk almal hom agterna.

"Ongelooflike jongman daardie!" sak Robert af.

Hy draai hom vorentoe. "So wanner kom jou suster?" vra hy vir Ethan.

"Sy't gesê sy kom in die week vir besigheid!" antwoord hy.

Robert let op hoedat Andrea op Ethan hang en met hom flankeer. Hy drink van sy glas en staan op. "As julle my nou sal verskoon. Ek dink ek gaan 'n potjie gaan speel!"

 


Voels VerliefWhere stories live. Discover now