52

46 0 0
                                    

'n Taxi, stop kliphard en vinnig by die ingang van hul plaas.

"Is jy seker dis die regte plek?" vra die insittende.

Hy betaal die taxi bestuurder en soos hy uit klim en die duer toemaak, ry die man met 'n helse spoed daarweg.

"Poepol" skree Ethan, soos hy sy baadjie regtrek. Hy vryf sy hande deur sy hare, soos hy na die plaas naam teen die muur ingang lees.

"Akkerbos!" sê hy saggies vir homself. Hy skyf se sonbril reg en stap toe die pad verder. Soos hy loop draai hy om en kyk die mooie berge agter hom aan.

"Dit beter die plek die wees," sak hy saggies vir homself af. Hy stap toe verder en sien die massiewe plaashuis op die heuwel.

Die pad op na die huis toe is omring met akkerbome, wat die plek nog mooier maak. Iewerskielik kom 'n hond tussen die bome uit. Ethan stop in sy spore en kyk die swart en wit hond aan met vreesbevange oë.

"Stadig hondjie, stadig!" sê hy, soos die hond, wat se tong buite hang, na hom kyk.

Soos Ethan terug stap, kom die hond ook alhoenader.


Voels VerliefWhere stories live. Discover now