43

49 0 0
                                    

Soos die son uitkom en die stad besig begin raak, kom Sarah met koerante onder haar blad, baie wreed by Ethan se huis ingestap.

"Ethan!" roep sy.

"Môre mevrou North," groet die huishoudster.

"Maria,"groet sy terug. "Waar is Ethan?"

"Meneer Perry is in die stort! Sal mevrou 'n koppie kruie tee neem, terwyl u wag?"

"Maak dit maar swart koffie Maria," antwoord Sarah soos sy by die trappe op hardloop.

Sy stap in by die badkamer in waar Ethan stort.

"Het jy vandag se koerant gesien?" vra sy vies, soos sy ongeduldig op en af loop.

"Môre!" groet hy haar.

"...Die partytjie by die Musoko klubhuis was die plek om te wees, met allerande gebeure wat enige dramareeks uitstof. Die partytjie wat vir Ryan Tyler gehou was, was blykbaar 'n mislukking nadat dinge vir die superstêr en sy vriende skeef begin loop het." Sy stap nader na die stort sodat Ethan die kwaad in haar stem kan hoor.

Sarah gooi die koerant neer, en lees 'n ander een. "Hoor net die een!" sê sy.

"...Ryan en 'n vreemde vrou, met 'n mooie kort kasel, het in sy motor van die partytjie gejaag. Die vrou wat vroeër deur Ryan se 'publicist' by die lughawe gaan haal was, is 'reportedly' van New York."

"...Hulle het by sy huis, alleen gekuier, nadat sy verloofde Andrea Potti, by die partytjie agter gebly het!"

"En luister hierna...Ryan Tyler, ons stoutseun, is terug met 'n 'bang' nadat hy op

Andrea Potti met 'n vreemde vrou, by die huis afgekoel het!"

Sy neem die laaste koerant. "Hier raak die storie nog kwaaier!"

Sy kyk na die foto's van Jamie, Andrea en Paty. Sy lees toe eers die berig in haar gedagte. "...Hier kan duidelik gesien word dat Andrea Potti, Ryan Tyler se verloofde, en James Edwards, sy 'publicist' met mekaar stry. Is dit omdat sy uitgevind het van Ryan se 'affair' en hy dit probeer wegsteek het?

"Na hy met 'n spoed daar weg is, het die vreemde vrou en Andrea 'n kort uitval gehad. Die vrou het later kaalvoet verby ons geloop en wou niks kommentaar lewer nie. 'n Paar minute daarna het Ryan Tyler self agterna gery en haar langs die pad opgetel!" Ethan kom uit die stort uit en sien hoedat sy suster woedend die koerant op die grond neergooi.

"Waar's Jamie?" vra se vies. "Ons moet 'n..." Hy kug en val haar in die rede. "Dit sal nie werk nie!" "Hoe bedoel jy?" vra sy angstig.

"Jamie is weg!" sak hy af, soos hy homself in die spieël kyk.

"Weg? Hoe bedoel jy weg?"

Ethan sug en neem sy skeermes. "Sak en pak!" antwoord hy haar.

"Wat?" vra sy geskok. "Hoekom?"

Ethan neem 'n oomblik en buk af in die wasbak.

"Los dit..."

"Ons kan dit nie net so los nie!" antwoord sy inmengend. "Ons moet iets omtrent die saak doen! Ek sal vir Martin bel en vra dat hy iets moet uitreik. Hoe kan Jamie my nou in die steek laat. Ek dog dan hy's ..."

"Sarah! Jamie is weg omdat ek vir hom... Maak nie saak nie. Hy's weg as gevolg deur my!" blaker hy fronsed uit. "So los als netso!"

Hy stap uit by die badkamer en gaan trek vir hom klere aan. Sarah, in skok, sit op die badkamer stoeltjie en hou haar gesig toe.

Later, soos sy by die trappe afgestap kom, sien sy vir Paty onder sit, met haar tas langs haar.

"Paty! Gaan jy alweer?" vra sy.

"Ja, Ek wag net vir my taxi!" antwoord Paty mismoedig. "Jy lyk mislukker as ek?" meen sy.

"Het jy die koerante gesien?" vra Sarah.

"Nee! En ek wil ook nie. Ek gaan my net erger vererg!"

'n Koerant met Jamie en Andrea op die voorblad val onder Sarah se blad uit. Paty tel dit op en kyk aandagtig daarna. Sarah sien hoedat sy woedend na die foto staar.

"Kan ek jou iets vra?" vra Sarah.

"Vra maar," antwoord Paty.

"Waaroor het jy en Andrea gisteraand gestry?"

"Sy het iets vir Jamie gesê. Iets so afgryslik, dat hy op 'n vliegtuig klim en land uit vlug!" antwoord sy woedend.

'n Taxi hoeter buitekant. Soos Sarah na haar gedagtes soek, tel Paty haar tas op.

"Soos wat?" vra sy vir Paty.

"Ek weet nie, of jou broer jou vertel het nie of wat. Maar sy't gesien hoedat Ethan en Jamie soen!" vertel Paty.

"Soen?" vra Sarah saggies en geskok.

Paty loop tot by die deur en maak dit oop. "Doen my net 'n guns! As jy eendag in haar vas loop, klap haar so hard sodat haar eie snot 'n das om haar nek vou!"Sy sit haar brille op en maak die deur agter haar toe.

Sarah sit op die rusbank, soos als vir haar helder raak. 



Voels VerliefWhere stories live. Discover now