31

62 0 0
                                    

Later die aand, soos Jamie terug kom van 'n funksie af sien hy dat Ethan se motor, snaaks voor die motorhuis geparkeer is. Hy stap toe op die trappe by die voorstoep en probeer die deur oopsluit, maar besef dat dit nie eens reg toe gemaak nie.

Hy stap binne en begin rond kyk. Die huishoudsters is al lank al huistoe en dit lyk of daar niemand tuis is nie. Hy begin agterdogtig raak toe hy 'n stukkende bottle vodka op die kombuis vloer vind. S eerste bekommernis is dat iemand ingebreuk het, maar die sekuriteits wagte ia nog steeds besig om die huis, buite te patroleer. Hy besluit ttoe om self inspeksie te doen.

Soos hy by die trappe op gaan, hoor hy 'n gesingery op die derde vloer se badkamer. Wie kan dit wees, wonder hy, want net hy gebruik daardie badkamer. Hy klop eers aan die deur, maar die een vat hom nie kop toe nie. Soos hy sy oor teen die deur sit, besef hy hy ken die stem.

"Ethan! Is dit jy..." vra hy soos hy aaan die deur klop.

"Jamie!" skree Ethan. "Kom binne!" sê hy soos hy die musiek sagter sit.

In die badkamer, sit Ethan in 'n borrelende 'jacuzzi', verskriklik besope met 'n glas whiskey in sy hand en 'n bottel langs hom.

Jamie glimlag en sit op die bankie langs hom. "Lyk my jou aand... was 'n bietjie rof?" vra hy vir Ethan, sy glas met een sluk op drink.

" 'n Ramp van epidermiese porporsies!" antwoord Ethan.

"Hoe so?" vra Jamie vroom.

"Wel..." sak hy af soos hy vir Jamie 'n glas gooi, en dit vir hom gee. "My senuwees het die beter van my gekry. Ek kon nie die premier bywoon nie, want dan moes ek onderhoude voor 'n klomp mense voer!"

Hy neem die bottel whiskey wat in sy hand is en drink daaruit. Sy knip hard, soos hy sy mond met sy hand af vee.

"Ek kon net nie!" sê hy vir Jamie.

Jamie lag saggies en drink van sy glas. "Gee dit net kans Ethan. Jy sal die wêreld weer in die oë kan kyk!" sê hy. Hy neem 'n oomblik en kyk sy leë glas aan. "Kan ek jou iets persoonlik vra?"

"Vra!" antwoord Ethan.

"Wat het presies gebeur dat jy 'n tipe kluister lewe in New York gaan leef het?" Ethan sit vir 'n oomblik stil en drink dan weer uit die bottel uit. "Jy sien, omdat my familie beroemd is, was ons altyd in die 'limelight'. Ek het verskriklik daarteen gestry en wou swot, iets anders word. 'n Normale lewe leef. Maar toe ek klaar maak met middelskool, verander als. Ek't net in een van my oupa se kinderprogramme gespeel. Dit het my so vinnig beroemd gemaak, almal wou 'n stukkie van die jong Ryan Tyler hê. Die 'instant fame' was ongelooflik. Ek die aandag so baie geniet, dat ek myself later in my tiener jare verloor het. Ek was nie myself nie en mense wou net by my wees, omdat ek Ryan Tyler was. Ek het later dwelms op 'n gereelde baisis gebruik."

Hy vat weer 'n oomblik en haal diep asem. "Ek het dit nooit besef nie, maar 'n paar jaar gelede het 'n sielkundige vir my gesê...dat ek bipolêr is... Wild met onverwagtigte uitbarsings!" praat Jamie saam.

"Jip!" antwoord Ethan. "En waar was my vriende toe ek in die hospitaal opgeneem was? In nagklubs of dwelmpartytjies, besig om hul lewe op te mors!" "Sowat 'n jaar gelede het ek besluit om nugter te word. Ek't Hollywood verlaat, 'n maand in Cabo, Mexiko gaan bly en later in New York gaan werk. Ek't net stil geword en normaal probeer lewe!"

Hy sit regop en kyk vir Jamie, wat aandagtig luister, in die oë. "Al wat ek nog altyd wou gehad het, was ware mense rond om my," hy leen weer terug en drink van die bottel.

Jamie gaap en kyk hom nuuskerig aan. Ethan drink weer van die bottel en skud sy kop. Hy breek wind en hou sy hand voor sy mond. "Jammer!"

"Kan ek jóú nou iets persoonlik vra?" vra hy vir Jamie.

Jamie ontspan homself agtertoe. "Vra!" stel hy voor.

"Wat het in Suid-Afrika gebeur, wat jou gedwing het om die land, wat jy so lief het, te verlaat?" vra Ethan.

"Goeie vraag!" aantwoord Jamie. "Wel..."

"En moenie sê 'Lang storie' nie!" val Ethan hom in die rede.

Jamie glimlag. "Wel, my familie die Edwards, is 'n bekende familie onder wynboere in die land. Ons familie voer verskillende wyne uit na ander lande en het vir 'n paar agtereenvolgende jare, 'Wyn van die Jaar' titels gewen."

Ethan wys vir hom die bottel en hy staan op en gaan gooi vir hom. "Om 'n lang storie kort te maak, ek het 'n besluit in my lewe gemaak en my familie wou eenvoudig dit nie aanvaar nie. Toe besluit ek om my rug op hulle te draai en vlug Amerika toe, vir 'n nuwe begin," sê hy soos hy gaan sit. "Eindlik was ek weggejaag!" "Maar, wat maak dit nou saak!" vertel hy voort.

"Onder daardie sterk gesig wat jy aansit, kan 'n mens soms sien dat jy baie verlang huistoe!" sê Ethan.

"Soms probeer ek baie hard om dit weg te steek, maar ander tye kan ek nie!" sak Jamie af.

Ethan begin hik. "Ek voel hierdie keer regtig naar!" sê hy soos hy opstaan.

Jamie skrik toe soos hy sien Ethan is poedel naak. Die waterdruppels loop vinnig van sy gespierde lyf af. Jamie draai sy kop skuins en gee vir Ethan 'n handdoek aan.

Hy staan op en help vir Ethan, wat sukkel om uit te klim.

"Kom jy reg?" vra hy. Ethan, met die handdoek pap om sy lyf gedraai, gly. Jamie vang hom en besef hy's baie besope. Hy hou vas vir Ethan voor om sy lyf en sukkel om hom regop te hou. Soos Ethan voorentoe leen, verloor Jamie sy balans en hulle val. Met Jamie onder en Ethan bo, kap Jamie sy kop teen die geteëlde vloer.

"Jammer!" sak Ethan af, soos hy oor Jamie se kop vryf en naak op hom lê. Soos hy Jamie se hare streel, kyk hulle kyk mekaar diep in die oë en beweeg niks nie.

"Hoekom kan almal nie soos jy is nie?" vra hy vir Jamie.

Hulle oë begin die wêreld langs hulle uitskakel. Hulle beweeg stadig maar seker na mekaar se monde toe. Hulle lippe se punte raak delikaat aan mekaar. Jamie trek weer stadig terug en soen toe vir Ethan op sy mond. Ethan ruk met sy een hand regop en lig vir Jamie by die nek op. Jamie gebruik sy elmboë om hom regop te hou.

Hulle passievolle soen duur vir oomblik. Ethan trek terug en gooi hom langs Jamie neer. Hulle lê doodstil langs mekaar en vir 'n oomblik proseseer hulle dit wat nou net plaasgevind het. Niemand praat 'n woord nie.

Jamie byt sy onderlip vas en lig hom op.

"Ethan, ek..."

Hy stop en sien dat Ethan sê oë toe is. Hy glimlag en tel vir Ethan op. Deur die slaap, loop hy en Ethan na sy bed toe. Hy lê vir Ethan op sy bed neer en trek 'n kombers oor hom. Hy kyk ernstig na Ethan en glimlag soos hy die bedlamp af sit en die deur agter hom toe maak. Hy loop in die gang af, en besluit toe om in Ethan se kamer te gaan slaap. 



Voels VerliefWhere stories live. Discover now