19

76 1 0
                                    

Terug in New York in Jamie se kantoor, is hy hard besig om werk en praat oor die telefoon. Claire kom daar in en gaan sit net nog dokumente op sy tafel neer.

"Claire!" fluister hy soos hy 'n dokument vir haar gee. "Finansies!" sêe hy.

"Ja dis James Edwars van GenShaw Media, ek wil net graag vir Mev. Walker hoor of ek kan my projek-voorstelling vroër kan verskuif?" vra hy. Hy luister aandagtig en skryf met sy pen neer. "Goed, Dankie!"

Hy werk toe verder op sy rekenaar, maar loer aanmekaar sy selfoon. Hy tel dit maar toe op en maak toe 'n oproep.

"Hi, Ethan, dis Jamie. Jammer dat ek gister moes terug vlieg, maar hier was 'n krisis by die werk en ek moes kom inspring. In elk geval, ek moet terug by die werk uitkom, so sien julle miskein binnekort." Hy sit sy selfoon neer en gaan terug werk toe.

Toe kom Kevin daarin gestap.

"So hoe was Barcelona?" vra hy.

"Opwindend, maar kort geknip!" antwoord Jamie, soos hy op sy rekenaar werk. "Hier!" sê kevin.

Jamie neem die lêr. "Ohio?" vra hy. "Moet jy dit dan nie eers oor twee dae gee nie?"

"Ek het net 'n verskoning gesoek, om jou te sien." flankeer Kevin. Jamie glimlag, maar konsentreer nog steed op sy rekenaar.

"Waarmee is jy besig?" vra Kevin

"Ek is besig om 'n epos aan Ohio se bestuurende direkteur te stuur." antwoord Jamie hom.

"Eindlik wou ek kom hoor of jy nie wil vir koffie wil gaan nie?" vra Kevin.

"Ek..." Voor Jamie kon antwoord, kom Paty daarin gestap. "Is jy gereed?" vra sy "Ek gaan reeds saam met Paty!" sê hy vir Kevin.

"Okei. So wat van vanaand?" vra Kevin.

"Rosario's, sewe-dertig!" antwoord Paty en trek vir Jamie daar uit, wat sy baaidjie aantrek.

"Goed!" sak Kevin af met 'n glimlag. 



Voels VerliefWhere stories live. Discover now