37

54 0 0
                                    

Terug by die partytjie. 

"So dis waar jy weg kruip!" sak Ethan af soos hy langs hom kom sit.

Vir 'n oomblik is daar doodse stilte. Hulle uiter niks en staar net die nag aan.

"Daar is iets wat ek..." praat hulle saam.

"Jy eerste!" stel Jamie voor.

"Oor wat gisteraand gebeur het! Ek weet ek was verskriklik dronk..."

"Dis okei. Ek weet dit was 'n fout!" sê Jamie vies soos hy opstaan en by die grootboom gaan staan.

"Nee dis nie..." sê Ethan soos hy opstaan en agterna loop. "Jamie..."

"Ethan ons is goeie vriende en werk kollegas. Ek wil nie hê 'n sinnelose ding moet dit omkrap nie!" sê hy vir Ethan, wat hom ernstig aankyk. "So dit wat gebeur het... Het nie gebeur nie," sê hy saggies met 'n valse glimlag.

"Jamie jy verstaan nie!" sak Ethan af. "Vanoggend toe ek wakker skrik, het my kop verskriklik gepyn, ja. Maar die eerste ding wat ek aan gedink het, was jy." verduidelik hy. "Dit wat vanoggend oggend gebeur het, was nie wansinnige gedrag nie.

Ek weet dit was iets meer. Meer as net..."

Jamie sug en val hom in die rede. "Maar wat goed kan daarvan kom Ethan?"

"Wat keer jou?" vra Ethan. "Ek weet hier's 'n konneksie. Ek het dit nog altyd gevoel."

"Nee!" sak Jamie af.

"Waarvoor is jy bang?" vra Ethan mismoedig

Hy bly vir 'n oomblik stil en staar vir Ethan. "Dink aan jou loopbaan! As die storie moet breek!"

"Fok die wêreld!" glimlag Ethan. "Dit voel asof dit so hoort!"

"Nee!" skree Jamie onderbreukent. "Ethan! Nee, ek dink dit sal beter wees vir jou en vir my as daar niks méér daarvan kom nie. Te veel kan verlore gaan!" Sonder twyfel, soen Ethan vir Jamie passievol op die mond.

"Sê my nou jy voel nie dieselfde nie?" vra hy vir Jamie.

Jamie kyk hom geskok aan en soen hom weer terug.

Tussen die tuin op die sypaaitjie, staan Paty en glimlag soos sy hulle sien soen. Soos sy omdraai, sien sy vir Andrea in die verte onder 'n boom staan en vir Ethan en Jamie loer. Paty kyk vir Jamie om hom te probeer waarsku, maar maak haar liewers skaars.

Andrea voel nie geskok nie. Die hartseer wys nie eers op haar gesig nie. Sy staar hulle net aan. Soos sy haar glas op drink, draai sy woedend om en stap na die partytjie toe.

Intussen onder die groot akkerboom, praat Ethan en Jamie niks, soos hulle mekaar vas hou. Hulle los mekaar, stadig en bewonder die mooi, stille nag aan.

"Wat gebeur nou?" vra Jamie bekommerd.

Ethan neem 'n oomblik en kyk vir Jamie. "Ek weet regtig nie!" sê hy soos hy sy kouers oplig.

"Ek sal nie kan vir Andrea..."

"Ek weet dis nie regverdig teenoor haar nie, maar ek sal vir haar sê. Ek sal vir haar en die hele wêreld ook sê wanneer die tyd reg is," antwoord Ethan inmengend. Jamie draai homself en kyk vir Ethan. "Ethan noudat ek daaraan dink, dink ek nie dis..."

"Hoekom nie!"

"Is jy bereid om als weg te gooi?" vra Jamie bekommerd.

"Ja!" antwoord Ethan versekerd. "Ek stel nie regtig belang wat die wêreld van my dink nie!"

"Hoekom? Hoekom als weggooi..." skree Jamie.

Ethan kug en val hom in die rede. "Want dan het ek jou in my lewe!" Jamie glimlag en gee vir Ethan 'n pik soentjie.

"Vir 'n lang tyd het ek altyd gewonder wat waar is en wat fals is! Met jou voel als reg. Als pas. Als behoort so!" sê Ethan.

"Ek kan... Ek kan dit nie toelaat nie!" antwoord Jamie, soos sy oë begin traan. "Ek kan nie toelaat dat jy als weggooi nie!" sê hy soos hy Ethan se hande teen mekaar sit en daar weg storm.

By die partytjie loop Jamie verby almal soos hy uit wil kom. Ethan sit hom agterna. Hy stel nie vreeslik belang aan die mense wat met hom wil gesels nie, maar sy soektog na Jamie word afgehaal soos Jamie tusen die 'crowd' verdwyn. Sarah en 'n ander groepie mense keer vir Ethan om met hom te gesels. Hy gee moed in en praat maar met hulle.

Buitekant, rook Andrea 'n sigarrete. Soos Jamie die deur toe maak en verby haar loop, keer sy hom. "Gaan jy so vroeg?" Hy draai om en kyk haar in die gesig.

"Die partyjie is dan nou besig om só interessant te raak!" se sy sarkasties. "Veral vir jou... Jamie!"

Hy sug met die gedagte, dat sy dalk weet wat aan gaan. "Andrea, ek..."

"Sê my gou, hoe lank gaan dit nou al aan?" vra sy, soos sy die sigarret doodmaak. "Sóú julle my een of ander tyd daarvan vertel het, óf... Sou julle eers Alaska toe gehardloop het!"

"Asseblief as jy my 'n kans gee..."

"Ek wonder wat sal die press met die storie maak?" vra vir haarself sarkasties. "Wil jy Ethan se loopbaan in die water gooi? Wil jy als waarvoor hy so hard gewerk het weggooi?"

"Andrea asseblief, dis nie..." probeer hy met trane in sy oë voort gaan.

Maar sy val hom aanhoudend in die rede. "As ek jy is, sal jy met jou skewe-neigings op

'n vliegtuig klim en nooit wéér jou voete hier sit nie!"

Hy sien Paty in die verte en kyk af grond toe. Sy oë skiet voltrane. Hy sluk die groot knop in sy keel af en met 'n dapper hart kyk hy haar in haar oë. "Ek sal gaan! Maar weet net..."

Hy sluk sy woorde en draai om.

"Pateëties ekskuus van 'n mens!" sak sy morsig af.

Soos hy na sy motor toe loop, sien Paty hoedat hy huil. Sy hardloop op na hom toe. "Hei, wat's fout!"

Hy kyk sy motor sleutels aan. "Jammer, maar ek moet gaan!" antwoord hy haar saggies.

Hy klim in sy motor en ry met 'n spoed daarweg.

Sy kyk verbaas die motor aan, soos dit af in die mooi blomme pad ry. Sy draai haar om en sien hoedat Andrea op die stoep staan en 'glout'.

"Hi, Andrea? Ek's Patricia, Jamie se vriendin van New york," stel sy haarself voor. "Kan jy vir my sê... Waaroor dit gaan?" vra sy 'politely' soos sy na Jamie se motor verwys, wat in die verte by die hoofhek uitry en die 'paparazzi' foto's van hom neem. Andrea kyk vir Paty van kop tot toon. "Ek kan nie sien dat dit jou besigheid is nie!" sak sy ewe morsig af.

"Dit is my besigheid. Hy's my beste vriend!" antwoord sy beskaaft.

"Nou hoekom vra jy hom nie self nie?" sê sy soos sy haar rug vir Paty gee.

Paty byt haar onderlip vas en gryp vir Andrea by die skouer.

"Teef! Ek praat met jou!" sê sy woedend. "Wat het jy vir hom gesê?" Andrea neem 'n oomblik en Paty se oë raak toe groot.

"Oo, so dis waaroor dit gaan!" sê sy. "Ek is jammer dat jy dit op so 'n manier moes uitvind, maar..."

"Soos ek gesê het, ek kan nie sien dat dit enigiets met uit te waai het nie. Doen my 'n guns en bly uit!" skree sy op Paty beskaaft.

Paty krap in haar sak en haal haar selfoon uit.

"Vevlakste ding!" skree sy soos sy sien haar foon sê battery is pap. Sy kyk na die partytjie. "Fok dit!" sê sy soos sy na die hek se kant toe stap.

Soos sy in die middel van die hek kom, trek sy haar skoene uit en stap aaneen.



Voels VerliefNơi câu chuyện tồn tại. Hãy khám phá bây giờ