41

44 0 0
                                    

By die partytjie, maak Andrea vir haar gereed om te loop. 'n Bietjie lighoofdig, neem sy haar jas by die deur en stap uit. Sy wag vir die deurwag om haar motor te bring. Toe kom Sarah uit.

"Andrea wag!" roep sy.

Andrea tot vervelens rol haar oë. "Tog nie jy ook nie!" "Ek wil net graag weet wat net gebeur het!" vra Sarah.

"Vir die honderdste keer!" skree sy soos sy haar balans probeer vind. "Dis niemand se besigheid nie!"

"Andrea Potti! Andrea Potti!" skree die 'n groepie fotograwe, soos hulle na haar storm. 'n Sekuriteits wag kom nader en keer hulle van haar. Sy sit haar brille op en stap na haar motor.

"Dis private eiendom dié. Julle behoort nie hier nie. Loop dadelik of ons sal julle forseer!" skree die sekuriteits wag soos sy ander kollegas nader staan.

Sarah kyk Andrea se motor en glimlag vir die 'paparazzi' soos hulle haar naam noem. Sy waai vir hulle en stap in. 



Voels VerliefWhere stories live. Discover now