53

50 0 0
                                    

"Buskit!" roep Jamie, soos hy tussen die bome en bosse loop, opsoek na sy hond. "Waar is jy?" vra hy, soos hy deur die akkerbome loop. 

Soos hy op die pad, kom sien hy dat 'n vreemde man, met sy rug gedraai met die hondjie speel en hom streel.

"Buskit?" roep hy agterdogdig. Die hond kom na hom gehardloop. Jamie vat hy band en maak dit om Buskit se nek vas.

Die man staan toe stadig op, maar draai hom nie om nie. Jamie kyk hom vreemd aan. Sy oë raak groot van skok, toe hy sien dis Ethan.

"Ethan!" fluister Jamie saggies.

"Jamie!" groet hy met 'n glimlag.

Hulle staan en kyk mekaar vir 'n oomblik. Jamie se oë begin water. Hy los die hond se band, soos hy na Ethan stap en vir hom 'n drukkie gee.

Daar heers 'n doodse stilte soos hulle twee mekaar liefdevol druk.

"Is dit regtig jy?" vra Jamie geskok, soos hy met sy hande aan Ethan se gesig vat.

"Jy't seker nie gedink ek gaan so gou moed opgee nie?" vra Ethan retories, soos hy sy voorkop teen Jamie s'n plaas.

"Ek's bly jy het nie!" antwoord Jamie hom, soos hy vir Ethan soen. Ethan druk vir Jamie nog stywer teen hom vas. Hulle soen mekaar passievol, sonder twyfel of spyt.

Hulle trek terug en kyk mekaar in die oë, maar hou mekaar nog steeds stewig vas. Ethan vat sy linkerhand en sit dit teen Jamie se wang.

"Kom, stap saam!" sê Jamie, soos hy sy oë toe maak, soos Ethan sy gesig streel. Hulle loop, langs mkaar, hand aan hand, stadig die pad op na die huis toe. Soos hulle loop, maak hulle beurte om mekaar aan te kyk.

"Wat?" vra Ethan met 'n glimlag, soos Jamie met liefdes oë na hom kyk.

"Ek dink maar net," antwoord Jamie hom.

"Waaraan?" vra Ethan, soos hy vir Jamie nader ruk en sy hand om Jamie se skouer sit.

"Dis 'n jammerte."

"Wat is?" stop Ethan hom hom.

"Dat jy nie die kans gekry het om my pa te onmoet nie," antwoord Jamie hom. "Hoe..."

Jamie val hom in die rede, "Hy't laat gisteraand afgesterwe."

Ethan, geskok, neem Jamie in sy hande en druk hom styf teen sy lyf. "Ek's so jammer. Is jy okei?" vra hy sag en bekommerd.

"Ek voel baie beter, dankie!" antwoord Jamie. "Eindlik, was ek nie hartseer nie!" Jamie vat Ethan se hande en kyk hom in die oë. "Sy laaste woorde aan my was, dat hy baie trots is op my en... mm" stotter hy. "Dat ek meer van 'n man is as wat hy ooit kon gewees het!"

Ethan glimlag en druk hom weer.

"Ethan, ek't uiteindelik vrede!" sê Jamie gelukkig, soos hy begin huil. "En die beste van al, is dat ek jou het om dit mee te deel!" Hulle druk mekaar stewig vas.

"Kom, ek's seker jy sterf vir 'n koppie boeretroos?" sak Jamie af.

"Koppie wat?" vra Ethan nuuskerig.

Jamie glimlag, soos hy en Ethan aaneen stap.


Voels VerliefWhere stories live. Discover now